Siberiese Tartare

Siberiese Tartare

Siberiese Tartare
Totale bevolking: 9 611 (2002-sensus)
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Rusland Rusland 6 779[1] (2010-sensus)
Taal: Siberiese Tartaars
Geloofsoortuiging: Soennitiese Islam, Sjamanisme
Verwante etniese groepe: Ander Tartare soos Dobroedja-Tartare, Krim-Tatare en Wolga-Tartare; verskeie Siberiese etniese groepe
Khanaat van Sibir in die 15de tot 16de eeu

Die Siberiese Tartare (Siberiese Tartaars: Себерләр) is ’n subgroep van die Tartare in Siberië wat soms as ’n aparte etniese groep beskou word. Hulle praat Siberiese Tartaars, wat ’n dialek van Tartaars is. Hulle stam deels van die Turkse, Oegriese, Mongoolse en Samojeedse[2] volke af, maar hul belangrikste stamvaders was die Kiptsjaks.

  1. (ru) Russian Census 2010: Population by ethnicity Geargiveer 4 Desember 2013 op Wayback Machine
  2. (en) Levinson, David (1996). Encyclopedia of World Cultures. G.K. Hall. p. 340. ISBN 978-0-8161-1808-3. Besoek op 22 April 2008.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne